Charon (mitologie)

’n 19de-eeuse voorstelling van Charon wat na die onderwêreld vaar (Alexander Litovchenko).

Charon of Kharon was die bootsman van Hades in die Griekse mitologie. Hy het met die siele van afgestorwenes oor die riviere Styx en Acheron, die skeiding tussen die onderwêreld en die land van die lewendes, gevaar.[1] ’n Muntstuk om Charon mee te betaal, is dikwels in die mond van ’n dooie mens geplaas.[2] Volgens sommige skrywers moes mense wat nie die fooi kon betaal nie en dié wie se lyke nie begrawe is nie, 100 jaar lank op die oewers van die riviere ronddwaal. Sommige helde soos Herakles, Orpheus, Dionysos en Odussee sou na die onderwêreld en terug reis, ook op die boot van Charon.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. R. Pfeiffer. Callimachus (Oxford UP, 1949), vol.2, p. 262; nou fragment 99 deur A.S.D. Hollis, Callimachus: Hecale (Clarendon Press, Oxford 1990), pp. 284f. Engels: aanlyn

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search